Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle treur oor ‘meerkatma’
Prof. Anne Rasa verlede jaar in die Kalahari.Foto: Anena Burger

Die Kalahari se legendariese ‘meerkatma’, prof. Anne Rasa (80), is Sondagoggend (15/11) oorlede.

Volgens haar seun, Richard, is Rasa, ’n bekroonde etoloog en natuurbewaarder, in haar slaap dood.

“Sy gaan verskriklik gemis word deur haar familie en vriende en soveel mense wat sy deur bewaringswerk geraak het,” sê hy.

Rasa was om haar baanbreker-navorsingswerk oor familiediere soos muishonde en meerkatte bekend.

Navorsers van oor die wêreld heen het na die Kalahari gereis om haar rehabilitasiesentrum te besoek.

Haar navorsing oor die so­siale gedrag van dwergmuishonde word met die werk van Dian Fossey, die Amerikaanse primatoloog, Jacques Cousteau, Franse navorser en ontdekkingsreisiger, en Jane Goodall, Engelse primatoloog, vergelyk.

Rasa is in 1940 in Wallis gebore.

Sy het verskeie grade in die natuurwetenskap verwerf en navorsing oor die aggressie in visspesies gedoen. Nadat sy in 1970 haar doktorsgraad met ’n Max Planck-beurs van die Universiteit van Londen vir navorsing oor die aggressie in koraalrifvis ontvang het, het haar studierigting verander.

By die Max Planck-instituut in Oostenryk het Rasa haar navorsing oor die sosiale gedragspatrone van dwergmuishonde begin nadat sy “op ’n dag by die instituut ingestap het en daar was die muishonde”, het sy vertel. Dit het haar lewenspad na Afrika en die Kalahari laat kronkel.

Rasa het van 1981 tot 1986 dwergmuishonde in die Taru-woestyn in Kenia bestudeer en van 1986 tot 1991 was sy ’n medeprofessor in etologie aan die Universiteit van Pretoria (UP).

Sy het in 2000 op haar plaas, Kalahari Trails, afgetree en ’n rehabilitasiesentrum en natuurreservaat vir meerkatte en ander wildspesies begin.

In 2016 het sy ’n Koedoe-eerbewys van Sanparke ontvang vir werk as aktivis teen die onwettige handel in meerkatte en hul rehabilitasie nadat hulle as troeteldiere aangehou is.

Rasa het ’n groot bydrae gelewer om die tradisionele veldkennis van die !Khomanisan-gemeenskap te help bewaar en bevorder.

Sy word deur haar drie kinders, Richard, Theresa en Christina, oorleef. Richard neem Kalahari Trails oor. Sy susters woon in die buiteland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.