Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tjokkers trap ander se tjank goed af

Sewe jong skopboksers van die Kimberley-skopboksklub het onlangs talle medaljes ingeoes toe hulle aan ’n skopbokstoernooi in Hartswater deelgeneem het.

Die toernooi is op Saterdag 15 Junie deur die Impact-skopboksklub aangebied.

Die Kimberliete het altesaam sewe goue en vier silwermedaljes op die toernooi verower.

Kaden Henderson (10), die suksesvolste van die groep, het vier goue medaljes op die toernooi verower, terwyl Zaney Pieterse (10) en Xavier Jonas (8) na afloop van die toernooi elk spog met ’n goue medalje, asook ’n silwermedalje.

Lia Williams (8) het een goue medalje behaal.

Pieter Pieterse (7) en Chadwin Benjamin (18) het elk met ’n silwermedalje teruggekeer.

Die Kimberley-skopboksklub bied self op 3 Augustus ’n toernooi by die klub aan.

Die skopboksklub oefen Dinsdae en Donderdae van 17:00 – 19:00 onder die mentorskap van sensei Francois Theron en sy seun Tyron Theron, ’n instrukteur by die klub.

Die klub is geleë in Florencestraat langs Van Zyls Vleis.

Oud en jonk is welkom om hulle aan te sluit.

Bel Jacky Theron by 081-591-5687 of Francois Theron by 078-444-9532 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.