Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toer ’n sukses
Heila Hayes, ’n leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas, by die Blou Vrou in Lutzburg.Foto: Verskaf

Die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas se tradisie om ’n ekotoer vir leerlinge aan te bied is nie deur die pandemie ingeperk nie.

Hannie Carstens-Nel, Piet Nel en Alae Hanekom het einde Augustus saam met talle leerlinge op ’n ontdekkingstog vertrek.

Die voertuie is ontsmet en Covid-19-regulasies is gevolg.

Gewapen met verrassingspakkies – gevul met skuinskoek, vleispasteie en lekkers – is die sirkelroete van ongeveer 150 km aangepak.

Die Duitse grafte by Lutzburg is besoek, asook die Blou Vrou en die watertonnels, ’n ingenieurswonder deur wyle Japie Lutz.

Die geskiedenis van Friersdale is bespreek en interessanthede eie aan dié streek, soos versamelvoëlneste en unieke plantegroei, is van naderby bekyk.

’n Boekie wat die roete uitlê en die geskiedenis van die dorpe uiteensit, is aan die leerlinge gegee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.