Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toernooi op dreef

Die kaptein van Suid-Afrika se o.19-krieketspan, Bryce Parsons, het erken hulle het Vrydag (17/01) gesukkel om die aflewerings van Afganistan se twee draaiboulers uit te pluis wat teen hulle moles gemaak het.

Suid-Afrika, die gasheer, is in dié openingswedstryd van die o.19-Wêreldbekertoernooi met sewe paaltjies geklop nadat hy vir 129 in 29,1 boulbeurte uitgeknikker is.

Só berig Johann de Jager op Netwerk24 oor die eerste wedstryd van die kriekettoernooi wat by die Diamant-ovaal in die Diamantstad begin het.

Saterdag (18/01) het Australië teen die Wes-Indiese Eilande gespeel, en Maandag (20/01) het Engeland ook by die Diamant-ovaal teen die Windies te staan gekom terwyl Australië en Nigerië mekaar op die B-veld gepak het.

Netwerk24 se sportredaksie berig dat Australië, die naaswenner van 2018 se Wêreldbekertoernooi vir o.19-spanne, Saterdag op ’n laagtepunt begin het.

Die Wes-Indiese Eilande het die Aussies oortuigend met drie paaltjies geklop.

Volgens ’n woordvoerder van Noord-Kaap Krieket is hulle tot dusver baie tevrede met die getal besoekers, hoewel al die skoolgroepe wat verwag is, nie opgedaag het nie.

Wedstryde wat vandeesweek nog by die Diamant-ovaal plaasvind, is:

  • Donderdag (23/01): Australia teen England; en
  • Saterdag (25/01): Engeland teen Nigerië.

Al die wedstryde begin om 10:00 en toegang is gratis. Groepe, soos skoolgroepe, is ook welkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.