Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trek jou kruisie vandag

Miljoene Suid-Afrikaners sal vandag (08/05) hul kruisies by stemlokale oor die land heen trek.

Volgens Elkin Topkin, bedryfsbestuurder van die Verkiesingskommissie (OVK) in die Noord-Kaap, is stemlokale van 07:00 tot 21:00 oop.

Diegene wat om 21:00 steeds in die ry staan om te stem, sal toegelaat word om sy of haar kruisie te trek.

Sodra die kiesers klaar gestem het en die deure van stemlokale ná 21:00 gesluit word, sal die tellery van die stemme begin.

Die provinsiale uitslae behoort volgens Topkin op Donderdag (09/05) teen 18:00 bekend gemaak te word met die amptelike nasionale uitslae wat op Saterdag (11/05) deur die OVK uitgereik word.

Volgens die OVK is bykans 27 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer om in Suid-Afrika se sesde demokratiese algemene verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994 te stem.

Noord-Kaapse kiesers maak sowat 2,3% van die algehele geregistreerde kiesers uit.

Volgens Topkin is daar sowat 626 170 geregistreerde kiesers in die provinsie waarvan 131 394 kiesers in Kimberley geregistreer is. Daar is altesaam 707 stempunte oor die Noord-Kaap heen. Dit sluit 70 permanente stempunte en twee satelliet-stempunte by korrektiewe fasiliteite in Kimberley in.

Altesaam 48 politieke partye neem aan die verkiesing deel en daar is 220 000 mense vir die verkiesing aangestel en opgelei.

Topkin beskryf die proses soos volg: “Stemme in die Noord-Kaap sal by elkeen van die 707 stempunte getel word.

“Agente van die verskillende politieke partye sal by stempunte wees om deursigtigheid te verseker en sal daarna die uitslagstrokies teken.

“Die uitslagstrokies sal daarna na die plaaslike OVK-kantoor geneem word waar dit nagegaan, geskandeer en in die uitslagstelsel opgeneem word.

“Ouditeure van PwC sal by die OVK-kantoor wees om toesig oor die vasleggingsproses te hou.

“Die uitslae word daar (by elke plaaslike kantoor) afgehaal en sodra die proses van stemtellery in ’n provinsie voltooi is, sal seteltoekenning per party gedoen word,” verduidelik Topkin.

  • Partye sal deurentyd toegang tot geskandeerde uitslae hê soos wat dit inkom en kan dit dus onafhanklik verifieer om die akkuraatheid daarvan te verseker. Sodra die uitslae Saterdag (11/05) bekend gemaak is, sal die OVK die name van parlementslede en lede van die provinsiale wetgewer publiseer. Parlementslede en lede van die provinsiale wetgewer sal daarna ingesweer word. Lees nog verkiesingsnuus op bl.2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.