Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee maak lagspiere los

Kimberliete het Vrydagaand (05/07) uit die maag gelag toe Danneline Ramsden, Namakwalandse woordkunstenaar en storieverteller, en Vito Heyn, ’n ontluikende kletsrymer uit die Noord-Kaapse dorp Okiep, die Noord-Kaap-teater in die Diamantstad besoek het.

In Namakwaland word hierdie soort uitbundige lag “Xhoulag” genoem. Vandaar die naam van die vertoning.

Ramsden van Komaggas in Namakwalanddra humoristiese verhale van haar tuisdorp met oorgawe, en op ’n eg-Namakwalandse manier, aan die gehoor oor.

Mense wat nie so vertroud is met die Namakwalandse dialek nie, het ook baie uit die vertoning geleer – soos dat ’n pot tee as ’n “brou” bekend staan, en elke tweede ou in Namakwaland ’n “Cloete” is.

Heyn het tussendeur die gehoor met Nam-Afrikaanse kletsrymliedjies vermaak.

Dit was die paar se eerste besoek aan Kimberley.

Volgens Ivor Price, regisseur, sal dié twee die volgende paar weke deur die land reis met vertonings in Phuthaditjhaba, Reitz, Frankfort, Kroonstad, Cradock, Queenstown, Somerset-Oos, Ladybrand, Paarl, Beaufort-Wes, Tzaneen en Settlers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.