Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFELHOEKIE: Is jy waar jy behoort te wees?

So skryf ek mos oor mooi oud word, toe skuifel nog so ’n storie letterlik oor my pad.

Skuifel-skuifel.

Met ’n loopraam, met moeite – in blymoedigheid.

Dit is baie laat in die aand tydens ’n geselligheid en niemand verwag dat hy – wat so moeilik loop – daar moet wees nie.

Sy vrou ondersteun mooi, maar vir so ’n groot liggaam wat moeilik beweeg, is dit redelik uitdagend.

Ek kan nie anders as om hom hieroor te gaan vra nie.

“Oom, wat op dees aarde maak oom hier? So laat in die aand, so moeilik. Hoekom bly oom nie maar tuis nie?”

So leer ek weer ’n lewensles.

Sy antwoord is mooi.

“ ’n Mens moet wees waar jy hoort.”

Punt.

Ek hoor.

Ons kan so maklik verskonings maak om nie te wees waar ons hoort nie.

Ons kan so maklik redes uitdink om plig te versuim omdat ons laks is of nie lus is nie.

Hy het grootgeword in ’n tyd waar ’n mens moes wees waar jy hoort. Op jou plek.

Soms is dit uitdagend. Soms verg dit opoffering.

Is jy waar jy hoort? Dit is sekerlik die eerste vraag.

Die tweede vraag ontstaan dan spontaan: Waar hoort jy?

Ken jy die plekke waar jy moet wees?

Weet jy waar jou hoort-plekke is?

Soos hy skuifel-skuifel, hoor ek hy sê: “Ek is waar ek hoort.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.