Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFELHOEKIE: Lewensagenda verg selfondersoek

Ek kry hom agter sy tafel aan die skryf op ’n klein stukkie papier. Sommer met ’n potlood.

“Wat maak Oom?”

Hy antwoord mooi en sag. Soos ek hom ken. Vrolik.

“Ek dateer ’n bietjie my lewensagenda op.”

Hy kan sekerlik die vraagteken op my gesig sien en draai sommer met vrymoedigheid die papiertjie na my om en verduidelik. Spontaan.

Die inhoud lyk vir my swaar, maar hy praat en verduidelik dit lig.

So elke nou en dan dateer hy die dinge op waaraan hy moet werk. Anders begin hy dink hy is oulik.

En ’n mens is nie altyd so oulik soos wat jy dink nie.

Jy het altyd goed waaraan jy moet werk. Ons almal het mooi en lelik. Ons moet aan die lelike werk. Lewenslank.

Al hoe ons dit regkry, is deur eerlike selfondersoek.

Hy moet weer ’n bietjie sy agenda aanpas. Dit is tyd. Daar is dingetjies waaraan hy moet werk.

Hy dring daarop aan dat ek sy potloodgeskrewe lewensagenda lees. So positief, maar so eerlik soos wat hy altyd is:

“Ek stoomroller mense soms te veel – ek moet fyner luister. Stadiger reageer, rustiger praat. Meer verduidelik. Meer luister. Ek is te rigied. Werk daaraan. Wees stadiger om ’n ander se voorkoms, werk, sosiale gedrag te kritiseer. Mense mag my oordeel betwyfel. Mense mag waag om my teë te gaan. Ek vergewe te moeilik.”

Ek besef sy lewensagenda kan net sowel ons almal s’n wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.