Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFELHOEKIE: Sagter – so hard is nie nodig nie

Dit is soms nodig dat ons almal so ’n bietjie op ’n laer verstelling ingestel word. Ons kom te maklik, te dikwels, net te sterk oor. Dit is nie nodig nie.

’n Te skerp woord, ’n te skerp besluit, ’n te skerp optrede, ’n te skerp gedagte, ’n onnodig skerp keuse – dit alles help niemand nie.

Daarmee bereik jy niks nie.

Party mense is eenvoudig skerper in hul woorde en optrede as ander; tog moet ons maar almal leer om so ’n bietjie aan te pas.

Om so ’n bietjie sagter te dink, sagter te besluit, sagter te praat is nie so vanselfsprekend nie, maar maak die wêreld se verskil as ’n mens verhoudings wil bou.

Nie almal het dieselfde ervarings, gedagtes en manier van doen nie.

Daarom sou jy jou maklik kon vervies elke keer as iemand anders op ’n ander manier dink en doen.

Juis daarom is dit nodig om ruimte te laat om so ’n bietjie sagter oor te kom.

Skerp woorde, skerp optrede en onnodige hantering stoot mense weg en doen skade aan verhoudings.

Kinders onthou die skerp woorde van ouers, mans van hul vrouens en vrouens van hul mans, ouers van hul kinders en vriende teenoor mekaar, werknemers dié van werkgewers en kinders dié van onderwysers.

Lank terug het ek met ’n gestremde seun gewerk.

Elke keer wanneer iemand te hard gepraat het, het hy sy ore toegedruk en gesê: “Sagter, sagter, so hard is nie nodig nie.”

Miskien was hy wyser as baie mense saam.

Hard is nie nodig nie.

Wees sag van binne.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.