Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tyd om beloftes nou te vervul

Met ’n nuwe administrasie vir die Noord-Kaap en met die land onder nuwe leierskap, het die tyd aangebreek om beloftes wat in die aanloop tot die verkiesing, tydens inhuldigingstoesprake en tydens die staatsrede en provinsiale rede gemaak is, te vervul.

Een van die vernaamste beloftes van ons nuutverkose leierskap – op nasionale én provinsiale vlak – is om vrugtelose en verkwistende staatsbesteding, wat die afgelope paar jaar toegelaat is om handuit te ruk, te voorkom en korrupsie in die staatsdiens vas te vat.

Een van die groot uitdagings vir die sesde Noord-Kaapse administrasie, onder leiding van premier Zamani Saul, is om probleme met die onvoltooide geestesgesondheidshospitaal langs die R31 buite Kimberley uit te sorteer.

Dié projek, oorspronklik vir R290 miljoen begroot, het die belastingbetaler reeds R2 miljard uit die sak gejaag en is weens swak bestuur ná 15 jaar steeds onvoltooid.

Intussen ly geestesgesondheidspa­siënte in die Noord-Kaap daaronder en is hulle in baie opsigte nou slegter af as voor die projek begin het.

Wat kommerwekkend is, is dat daar ongeag nuwe leierskap en beloftes steeds ’n sluier van geheimhouding oor hierdie projek hang. Daar bestaan steeds twyfel of die projek voor die einde van die jaar voltooi sal wees en toesighouers het so onlangs as verlede week gekla dat hul toegang tot die perseel belet is toe hulle ’n oorsig­inspeksie wou uitvoer.

As die sesde Noord-Kaapse administrasie onder leiding van Saul ernstig daaroor is om verkwistende staatsbesteding vas te vat, is hier ’n gulde geleentheid om hulself te bewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.