Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitspraak verbyster

Dit is ondenkbaar dat enigiemand oor die dood van kinders in ’n ramp sou kon jubel.

Dat Lindsay Maasdorp van Black First Land First (BLF), ’n loflied op Twitter kon aanhef dat die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gevier moet word omdat dit wys “God luister”, spreek boekdele oor die rasdenke van die individu en organisasie.

In sy twiet, wat hy gou uitgevee het, het Maasdorp dit on­omwonde gestel hy “het nie die hart om pyn te voel vir wit kinders nie”. Die laakbare harteloosheid daarvan is verwerplik.

Dat dit in 2019 gebeur het, weerspieël hoe diep rasdenke nog in die psige van sommige Suid-Afrikaners ingebed is en hoe vooroordeel, in dié geval onder die dekmantel van gekrenktheid, haat kan aanstook en verdeeldheid kan saai.

Wat wel te verwelkom is, is die breë front van weerstand wat Maasdorp se uitspraak ontlok het.

Alle regdenkende, goed­bedoelende Suid-Afrikaners behoort die sentiment wat die BLF-woordvoerder voorstaan met afgryse te veroordeel.

Die BLF het ’n problematiese rasrekord. Nou het Maasdorp hom Solidariteit se klag van crimen injuria (teen hom en die BLF), asook klagte van haatspraak van die DA, die VF Plus en Cope, by die Menseregtekommissie op die hals gehaal.

In ’n tyd van worsteling oor die sin daarvan, is die troos dat treurendes saamgesnoer is in hul leed oor die dood van kinders wat net kinders is.

Volksblad, 2 Februarie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.