Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitvindsels lei tot kopkrap

Af en toe staan ek verstom oor uitvindsels waarmee mense vorendag kan kom; dinge wat die lewe makliker maak.

Hoe het ’n mens ooit daarsonder klaargekom?

Frustrasie ontstaan egter wanneer ’n mens die idee kry dat die persoon wat iets uitgedink het, dit nie self gebruik nie.

Só is ons stofsuier se suigkrag ongelooflik, maar ek twyfel of die persoon wat dit ontwerp het, self een in sy eie huis gebruik.

Indien hy dit wel sou gebruik het, sou hy besef het dat die wiele so groot is dat ’n mens dit skaars van een vertrek na ’n ander kan beweeg. Hy sou ook besef het dat, nadat matte gewas is, die frustrasie om die masjien skoon te kry, so groot is dat niemand dit sou koop nie.

Manlief het uit sy pad gegaan om ’n goeie stoof aan te skaf. Tog het die persoon wat dit ontwerp het, beslis nie een vir ’n vrou gegee om te toets nie. Sy sou vir hom verduidelik het dat die oondrak heeltemal onprakties is.

Wanneer ek ’n artikel koop waarop “Tear here” aangedui is, weier dit gewoonlik om juis daar te skeer. Telkemale moet ek ’n skêr nader trek om met die swak ontwerp uit te help. Of is dit net ek wat die items met die swak perforasie kry?

Wanneer ek ingelegde blikkies koop wat reeds ’n knip op die deksel het om dit sonder ’n blikoopmaker oop te kry, breek hierdie knip in baie gevalle af. Gewoonlik wanneer ek nié ’n blikoopmaker byderhand het nie.

Met soveel ontwerpe en idees wat daagliks hul verskyning maak, wens ek daar is meer ontwerpers wat hul eie uitvindsels gebruik en die praktiese sy daarvan eerstehands beleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.