Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veiling stel nuwe rekord

’n SUID-AFRIKAANSE rekordbedrag van R300 000 is op vanjaar se Wintershoek-wildveiling betaal vir ’n besonderse gemsbokkoei en meer as R320 000 vir ’n gesogte jong bul.

’n Swartwitpensbul is vir R2,2 miljoen (die hoogste vir enige dier op die veiling) betaal en ’n ander (swartwitpensbul) is vir R1,85 miljoen verkoop.

Dié veiling, die tweede in sy soort, is vanjaar op Internasionale Renosterdag op die Wintershoek-wildplaas, sowat 70 km suid van Kimberley, gehou.

Die wildveiling het wildkopers van oor die land heen gelok.

Wiaan van der Linde, mede­-eie­naar van Wintershoek-wildplaas en president van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), sê die veiling het ongeag ’n moeilike jaar vir die Suid-Afrikaanse wildbedryf verwagtinge met sowat 30% oorskry.

“Die hele land se ekonomie is onder druk, insluitend die mynboubedryf en toerisme.

“In die wildbedryf gaan dit dus nie anders as in die ander ekonomieë nie.

“Die invloed van mielieboere wat nie kon plant nie het ’n geweldige negatiewe impak op ons bedryf gehad omdat sowat 30% van ons normale kopers mielieboere is.

“Dié mielieboere het die afgelope 18 maande nie (wild) gekoop nie.

“Hulle het eerder verkoop,” sê Van der Linde.

Hy sê vanjaar was daar weer bestaande wildkopers wat hul troppe wil aanvul en nuwe kopers wat in die wildbedryf wil begin.

“Die nuwe kopers stimuleer die mark geweldig,” sê hy.

Volgens Van der Linde is die suksesvolle veiling ’n aanduiding dat die wildbedryf tog groei en goed op koers is om teen 2025 sy doelwit van 30 miljoen hektaar en 30 miljoen stuks wild te behaal.

Volgens hom sal die Suid-Afrikaanse wildbedryf dan meer wild hê as al die nasionale parke saam.

Oor die kritiek wat wildboere gereeld van die bewaringsektor af kry (onder meer dat hulle “abnormale diere’’ teel) sê Van der Linde: “Die wildbedryf is nie hoofsaaklik ’n bewaringsgedrewe entiteit nie, maar eerder kommersieelgedrewe.”

Hy sê die wildbedryf is vir kommersiële en nie vir biodiversiteitsbewaring nie.

“Dit is waarvoor SANParke daar is.”

Volgens Van der Linde speel die wildbedryf ’n belangrike rol in die toerismebedryf, wat op sy beurt weer ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel.

“Dit is hoekom ek so bly is dat dit vanjaar goed gegaan het,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.