Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veld ‘gevaar vir tehuis’

Bejaardes van die Stillerweë-tehuis vir bejaardes in Kimberley moes glo met tuinslange en emmers vol water probeer om ’n brand te blus wat onlangs skaars ’n paar meter buite die tehuis ontstaan het.

Volgens Hennie Naudé, bestuurder van die tehuis, is dit net ’n genade dat die wind daardie dag in die teenoorgestelde rigting gewaai het en verhoed het dat die brand ernstige skade by die tehuis aangerig het.

Bejaardes meen die veld aan die oostekant van die tehuis hou ’n brandgevaar vir die ongeveer 180 inwoners van die tehuis in.

Volgens Naudé het die tehuis al die Sol Plaatje-munisipaliteit se brandweer- en parkeafdeling gebel en gevra dat die gras gesny word en bosse verwyder word.

Volgens hom het die munisipaliteit begin om gras langs Meyer­straat te sny en die gebied te ontbos, maar hulle het opgehou nog voor die gras langs die tehuis se heining gesny is.

“Daar is wooneenhede van bejaardes langs die heining wat aan die veld grens. Die siekeboeg is ook skaars ’n paar meter van dié veld af. As hier ’n brand ontstaan kan dit groot skade aanrig,” het Naudé Vrydag (07/09) aan Noordkaap gesê.

Volgens hom was daar onlangs ’n voorval waar ’n slang van die veld na die tehuis oorgeseil het en in ’n inwoner se huis beland het. Hy sê ’n tuinier het die bejaarde te hulp gesnel en die slang doodgemaak.

Volgens Naudé is daar dikwels ook skoolkinders van ’n nabygeleë skool wat in die bosse wegkruip terwyl hulle veronderstel is om in die klas te wees.

Volgens Naudé is die oop stuk grond wat van Longstraat tot Meyerstraat loop, en aan die anderkant van Meyerstraat tot by Jacobus Smithstraat strek, destyds gesoneer vir ’n deurgangspad.

Skriftelike navrae is Woensdag (29/08) en Maandag (03/09) aan Sello Matsie, ’n woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gestuur waarin gevra is wat gedoen kan word om die veld in stand te hou.

Matsie het nog nie op die navrae gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.