Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
HOOFARTIKEL: ‘Vergetenes’ wurg ál meer

Maatreëls om armes en onder­nemings tydens die inperking by te staan is verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa herhaal.

Hy het herhaal hoeveel geld die land reeds in die buiteland geleen het om die gesondheids- en ekonomiese impak van die pandemie te verlig en dat R15 miljard meer teen einde Julie aan staatstoelae uitbetaal sal word.

Ook het hy oorlog verklaar teen bedrog en korrupsie met Werkloosheidsversekering-eise, kospakkies en tenders vir Covid-19-verwante produkte en dienste. En ’n sentrum bestaande uit nege staatsinstellings sal help om dit te voorkom, op te spoor, te ondersoek en te vervolg.

En, het hy gesê, die ekonomie moet nou opgebou word.

Maar al lees ’n mens hoe tussen al hierdie woorde, bly daar leemtes, bly sektore vergete met hulpverlening.

Sulkes is te ryk om arm te wees, maar te arm om in hierdie tyd sonder hulp staande te bly.

Hulle bly waarskynlik in ’n huis waarvan die paaiement nog betaal word.

Wie nog skoolgeld of studieskuld betaal. Wat lank terug ’n plan met ’n ekstra inkomste gemaak het, soos om ’n oornagwoonstel aan te bou of ’n inkomste uit ’n vaardigheid te verdien. Wie se ekstra inkomste nou neusie verby is. Wie, terwyl hulle getrou belastingvorms invul, voel hoe die strop al stywer trek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.