Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Vergifnis nou nodig’

Honderde mense van tot Upington en Pofadder het die roudiens vir Leon Brits (41), ’n hotelier en deeltydse boer, in Marchand op die oewer van die Oranjerivier bygewoon.

Brits is op 7 Oktober by sy huis in Pofadder oorrompel en vermoor. Hy is verskeie kere met ’n mes in sy bors gesteek en vermoedelik ook met sy hond se ketting gewurg voordat hy na die onderdakswembad gesleep is.

Sy vrou, Suretha, het op sy lyk in die swembad afgekom.

Die roudiens is deur Pickard Henn, ’n geestelike leier van Upington, waargeneem.

Henn sê die belangrikste boodskap vir die huidige onstuimige tye in die land is vergifnis. Hy het ook verwys na emosies wat op Dinsdag 6 Oktober by die hof in Senekal oorgekook het.

Twee Boesmanlandse boere het ná die moord ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die moordenaars sou lei.

Brig. Mohale Ramatseba, polisie­woordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.