Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermiste leeu steeds katvoet

Ondanks ’n helikopter met infrarooikameras en ’n hommeltuig wat die naweek gehelp het met die soektog na Mufasa, die leeu wat in die Karoo noord van Beaufort-Wes verdwyn het, is hy nog nie gevind nie.

Na verneem word is die leeu se spoor Saterdag (09/03) op ’n plaas in die Basterberge gevind. Hy is vermoedelik nou in dié berge naby Sutherland.

Verlede week was hy in die Fraserburg-gebied. Hy het glo reeds drie boerbokke en ’n eland gevang.

Die veiligheidsmaatskappy Bidvest Protea Coin het Vrydag (08/03) ’n helikopter met infrarooikameras en ’n hommeltuig-vlieënier vir drie dae beskikbaar gestel om met die soektog te help.

Mufasa het op 15 Februarie glo onderdeur die Karoo- Nasionale Park se geëlektrifiseerde heining gekruip nadat swaar reën die grond weggespoel het. Hy is twee jaar (26 maande) oud, en weeg sowat 200 kg.

Sanparke het Maandagmiddag (11/03) in ’n verklaring gesê die spoor is daardie oggend gevolg van waar dit Sondag (10/03) ongeveer 42 km noordoos van Sutherland deur die soekgeselskap gekry is.

Berigte is Sondag ontvang van vier skape en twee bokke wat op ’n plaas in die gebied gevang is. – Jackie Kruger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.