Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vir SA span gekies

Hamza Kana, ’n tennisspeler van Lapésa Tennis in Kimberley, is onlangs gekies vir die Suid-Afrikaanse o.17-skolespan wat in die winter-vakansie in Engeland meeding.

Hamza, wat al voorheen die Suid-Afrikaanse skolespan oorsee vergesel het, het egter besluit om vanjaar se toer mis te loop.

Die rede daarvoor is dat hy, ’n voormalige gr. 10-leerling aan die Hoërskool Noord-Kaap, binnekort saam met sy ouers na Kaapstad gaan verhuis.

Daar sal hy hom aan die begin van die volgende kwartaal by die South African College High School (SACS) in Kaapstad aansluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.