Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrae oor amptenare wat Sol Plaatje moet regruk

Die Noord-Kaapse regering het op 15 Oktober twee “ervare” amptenare in die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley ontplooi om sake reg te ruk.

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, sê op sy Facebook-blad “nou moet die werk begin en die onderlinge gekyf end kry”.

Thami Mabija word die waar­nemende munisipale bestuurder en Zahid Cader die waar­nemende finansiële hoof.

Dit kom nadat die stad etlike dae sonder water was omdat herstelwerk aan die hooftoevoerwaterpyp van Riverton na die stad skeefgeloop het.

Saul sê die ontplooide amptenare moet help om die stad te ontwikkel.

“Ek wens hulle alle sterkte toe. Dit gaan nie ’n maklike taak wees nie. Hulle sal hard moet werk om ons mense se lewensgehalte te verbeter. Ek het ook ’n span aangestel, van wie sommige lede ingenieurs is, om die stad se infrastruktuur deeglik te ondersoek.”

In ’n nuusverklaring het die DA in die Noord-Kaap Woensdag (16/10) gesê dat hy onseker is of die munisipaliteit met die ontplooiing van die twee amptenare onder administrasie geplaas is.

Chris Phiri, DA-koukusleier, sê indien die provinsiale regering die amptenare aangewys het, is dit ’n teken dat die munisipaliteit onder administrasie is.

Phiri dring daarop aan dat Bentley Vass, LUR vir same­werkende regering, en Patrick Mabilo, burgemeester, die raad oor die presiese stand van sake inlig.

“Die munisipaliteit en diens­lewering het ineengestort. Die munisipaliteit kan nie sy eie begroting finansier nie. Indien die munisipaliteit onder administrasie is, moet die ANC-regering dit openlik erken.”

Die DA beweer in nuus­verklarings daar is reuse-gate in die hooftoevoerpype, wat tot waterbeperkings lei.

Omdat daar so min water in die stelsel is, en weens foutiewe rioolpompe, ontoereikende riooltoevoerpype en verstopte stormwaterslote, vloei te min water na die rioolaanleg.

Die DA het ook te velde getrek teen die aantal slaggate in die stad en vullis wat oral rondgestrooi word.

Die stad se finansiele sake lyk ook nie goed nie. Kimberley skuld sedert Julie sowat R70 miljoen aan Eskom.

“Die DA sal die wetlike prosesse wat gevolg is om die amptenare te ontplooi, nagaan. Ons wil die versekering kry dat hulle nie marionette is wat gebruik gaan word om vir die ANC se verjaardagvieringe op 8 Januarie 2020 geld te in nie,” sê Phiri.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.