Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrees, verligting groei

Terwyl die eerste drie skole in die Noord-Kaap weens moontlike Covid-19-gevalle gesluit is, is haarkappers en ander betrokkenes in die skoonheidsbedryf uiters verlig dat salonne nou weer sedert Saterdag (20/06) sake mag doen.

Haarsalonne en ander onder­nemings in die skoonheidsbedryf in Kimberley word sedert Saterdag druk besoek.

Ná 85 dae sonder inkomste kon dié ondernemings uiteindelik weer oopmaak.

Van die haarkappers vertel dat hulle heelwat kostes moes aangaan om aan al die beskermingsvereistes te voldoen, maar die verligting om weer kliënte te ontvang weeg veel swaarder.

’n Kliënt vertel dat sy onmiddellik ’n haarafspraak gemaak het, en vir die volgende dag ’n afspraak om haar naels te laat doen.

’n Haarkapper vertel dat sy haar kliënte geweldig gemis het, en veral ook die vreugde op ’n kliënt se gesig ná ’n haarsny of -kleur.

Die restaurantbedryf wag egter steeds vir die regulasies oor eetplekke wat in die Staatskoerant gepubliseer moet word.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag (17/06) aangekondig dat regulasies vir restaurante gewysig sal word om toe te laat dat eetplekke aansit-etes kan bedien.

Die Laerskool Beacon in Kimberley is een van die drie skole in die provinsie wat onmiddellik gesluit is weens moontlike Covid-19-gevalle.

Geoffrey van der Merwe, mediawoordvoerder vir die Noord-Kaapse departement van onderwys, het Maandag (21/06) in ’n mediaverklaring gesê hulle wag nog vir die departement van gesondheid om die gevalle te bevestig.

Die ander twee skole in die Noord-Kaap wat weens moontlike Covid-19-gevalle gesluit is, is die Laerskool Zingisani in De Aar en die Laerskool Carnarvon, albei in die Pixley ka Seme-distrik.

Van der Merwe sê die skole sal slegs heropen wanneer die skole ontsmet is en alle riglyne in samewerking met die departement van gesondheid uitgevoer is.

Covid-19-sifting mag dalk binnekort meer doeltreffend in Suid-Afrika gedoen word weens die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom se TjopTjop-app. Dié uitvindsel het ’n internasionale eerbewys ontvang.

Prof. Leenta Grobler, projekleier, sê in ’n verklaring die app samel die noodsaaklike gesondheidsbesonderhede van leerlinge, studente, personeel en kliënte in en stoor dit sonder papierwerk.

“Dit spaar tyd en moeite by siftingspunte, stoor die data veilig en dra geselekteerde datapakkette na aangewese ontvangers oor of meld dit aan,” sê sy.

Die app vereis basiese elektroniese termometers en slimfone wat algemeen beskikbaar is. Dit werk reeds op Android-fone, maar die Apple-weergawe word ontwikkel.

Crystal Viljoen, eienaar van die D'Hair-salon by die Spar-sentrum. Foto: Helena Barnard
Naeltegnikus Rina Naudé (links) gee Dinsdag (23/06) aandag aan Hanlie Sandmann se naels by D’Hair in die Spar-sentrum in Monumenthoogte.Foto’s: Helena Barnard
Ook vir Maritza Maritz van die Man Cave Barber Shop in die North Cape Mall was dit ’n verligting om Saterdag (20/06) terug te keer werk toe.
Chrisziaan Opperman van die Man Cave Barber Shop in die North Cape Mall. Foto: Helena Barnard

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.