Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou (80) in Upington vermoor

’n Bejaarde vrou van Upington, Hannetjie Kruger (80), is Maandagmiddag (16/11) in haar huis in ’n gegoede buurt vermoor.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Kruger se dogter, Marike Nel, het Maandag omstreeks 13:00 op haar lyk in haar huis in Gemsboklaan, Middelpos, afgekom. Sy is vermoedelik tussen 12:00 en 13:00 in haar huis aangeval. Volgens Kock het sy wonde aan haar gesig en nek gehad. Kruger se man, Hendrik, was nie ten tyde van die voorval by die huis nie.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

’n Paar uur ná die moord op Kruger is daar by haar buurvrou, Ansie Duvenhage (56), wat in ’n sekuriteitskompleks woon, ingebreek.

Duvenhage sê sy het Dinsdag (17/11) omstreeks 04:10 wakker geskrik en ontdek dat haar selfoon weg is. Met verdere ondersoek het sy agtergekom dat haar kleindogter se foon, asook haar beursie wat in haar handsak was, weg is. ’n Deur, wat sy gesluit het, het oopgestaan.

Anena Burger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.