Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrouewedlope byt ook in stof

Padwedlope in Suid-Afrika het Donderdag (25/06) nóg ’n Covid-19-opstopper gekry toe Spar se Grand Prix-reeks van 10 km-wedlope vir vroue ook gekanselleer is.

Organiseerders sê in ’n verklaring dat dié gewilde wedloopreeks eers in 2021 sy terugkeer sal maak.

“Die nasionale inperking en die kansellasie van byeenkomste wat ’n groot aantal deelnemers insluitweens die Covid-19-pandemie het daartoe gelei dat al ses van Spar se 10 km-vrouewedlope afgelas is,” sê die organiseerders.

Dié aankondiging kom in dieselfde week dat die Kaapstad- en Soweto-marathon ook afgelas is.

Vlak 3 van die inperking laat Suid-Afrikaners toe om weer te oefen, maar hulle kan steeds nie in groot groepe deelneem nie.

In dié reeks verdien vroue punte in ses wedlope van 10 km, met die wenner wat daarvolgens bepaal word.

Volgens Mike Prentice, bemarkingshoof vir die Spar-groep, het hulle geen ander keuse gehad as om die reeks te kanselleer nie.

“Ons is baie teleurgesteld dat een van die grootste geleenthede wat deur Spar geborg word vanjaar gekanselleer moet word,” sê Prentice in ’n verklaring.

“Spar prioritiseer egter die gesondheid en welstand van al sy verbruikers en gemeenskapslede, insluitende die duisende vroue wat elke jaar aan die uitdaagreeks deelneem.”

Hy sê die goeie nuus is dat hulle volgende jaar weer met die byeenkomste sal voortgaan, hoewel dit aan die regering se regulasies onderhewig sal wees.

Volgende jaar se algehele wenner sal R600 000 wen.

Organiseerders van die New York- en Berlyn-marathon het ook vandeesweek dié wedlope gekanselleer. Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.