Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: Vrydag te naby aan ’n Maandag

Die meeste werkplekke bied uitdagings. In baie gevalle is dit deel van die werk. Deel van menswees.

In hierdie betrokke geval was die uitdagings soveel meer en soveel groter.

Omdat haar werkgewer haar met werksure tegemoet gekom het, het sy onder moeilike omstandighede probeer vasbyt.

Tussen ’n handjievol kollegas was iemand daagliks óf sielsongelukkig óf in trane.

Daar was nimmereindige konflik. Dag ná dag. Week ná week. Maand ná maand. Dit was uitputtend.

Lêers met kliënte se inligting is oneerbiedig oor die vloere geslinger. Stapels dokumente is in ’n hoop op ’n lessenaar neergegooi.

Sy was meer op die vloer om papiere bymekaar te maak en in volgorde te pak as by haar lessenaar.

Niemand kon dit daar uithou nie. Ná ’n paar maande het die meeste kollegas hulself uit die situasie verwyder.

Sommiges kon dit net ’n paar dae lank uithou.

Die enigste drie mense wat vasgebyt het, het mekaar grootoog en in stilte aangestaar.

Niemand het gewaag om ’n woord te rep nie. Veral nie teenoor die werkgewer nie.

Dae het in weke verander, en weke in jare.

Een Vrydag laatmiddag het sy in die kombuis gestaan en kosmaak. Trane het vrylik oor haar wange gevloei.

Toe haar man ná werk die kombuis binnestap en haar so daar aantref, het hy verbaas gevra wat fout is.

Sy het haar betraande gesig na hom gedraai. Toe vee sy met die agterkant van haar hand oor haar maskara-besmeerde wange en sê snikkend: “Dis amper Maandag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.