Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waarom doen ons dinge só?

“Ek weet nie waarom ek dit juis so doen nie,” sê sy en staar my met groot oë aan.

En só ontstaan ’n interessante bespreking. Waarom doen mense sekere dinge?

Ons is gewoontediere. ’n Mens kan seker redeneer dat die meeste van dít wat gedoen word, slegs uit gewoonte is. Deur die jare het ’n patroon gevorm en hierdie patroon word volgehou.

Vrees is waarskynlik ’n dryfveer waarom mense sekere dinge op ’n sekere manier doen. ’n Vrees vir verwerping. ’n Vrees vir konflik. ’n Vrees om anders te wees.

Mense bly soms jare lank in onsuksesvolle verhoudings. Dalk om finansiële redes. Dalk omdat hulle dink omstandighede gaan wonderbaarlik verbeter. Dalk omdat hulle iewers diep binne hulleself glo dat hulle nie veel beter verdien nie.

Sommige mense doen dinge, bewustelik of onbewustelik, om aandag te trek.

Magteloosheid dra soms by dat mense dinge op ’n sekere manier doen. Baie mense gaan daagliks werk toe, nie omdat hulle dit geniet of dit waarde tot hul lewens toevoeg nie, maar bloot omdat hulle voel hulle het nie ’n keuse nie. ’n Mens moet immers eet.

Daar is baie redes vir die manier waarop mense dinge doen.

Wat is die motivering agter jóú optrede?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.