Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wat wag in jou pakkie?

Geskenke word eersdaags uitgedeel. Winkelrakke kreun onder uitstallings wat kopers nooi om geld te bestee.

Nie net op basiese artikels nie, maar ook op uitspat­tige, onbekostigbare onbenullighede.

Die lewe deel sy eie pakkies uit. Lewenslesse.

’n Mens sou graag voor ’n keuse gestel wou word.

“Ek wil graag hierdie les vir jou leer,” sou die lewe verkieslik moes sê. “Sien jy nóú daarvoor kans? Anders wag ek totdat jy gereed is.”

Sou dit nie ongelooflik wees nie?

In teenstelling daarmee word lewenslesse links en regs uitgedeel – totdat jy dit blykbaar onder die knie het.

Dan volg die volgende les gewoonlik kort op die eerste se hakke. Jy sien dit selde kom.

Gewoonlik besef ’n mens eers teen die einde van ’n les wat aan die gang is.

In die lewe, soos in die winkels en onder Kersbome, wag ’n verskeidenheid pakkies. Verskillende vorms. Verskillende kleure. Verskillende groottes.

Ons kan ook nie self kies watter een ons s’n is nie. Dit word vir ons gegee. Nie aangebied nie.

Meer in terme van ’n dè-hierso-gesindheid wat die lewe inslaan.

Soms lyk ’n pakkie op die oog af aantreklik. Interessant. Kosbaar. Iets wat jy nog altyd wou hêt.

Totdat jy die geleentheid kry om dit oop te maak.

Soms is ’n mens teleurgesteld. Die binnekant en buitekant weerspreek mekaar.

Hierdie lewenslesse leer jy ten opsigte van sommige mense. Sommige situasies. Sommige gebeure.

Dit wat jy met die blote oog sien en interessant vind, hou soms onverwagse lewenslesse in.

Mag jou pakkies, hetsy deur Kersvader of die lewe self afgelewer, wees wat jy verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.