Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wedloop help aasvoëls

Geld wat tydens Saterdag (08/09) se Vulture Conservation-veldwedloop by die Benfontein-natuurreservaat buite Kimberley ingesamel is, sal gebruik word om ’n spesiale haak (“skyhook”) vir die McGregor-museum se hommeltuig aan te koop.

Dié hommeltuig word vir die museum se witrugaasvoël-bewaringsprojek ingespan.

Volgens Beryl Wilson, ’n dierkundige by die McGregor- museum in Kimberley, sal die spesiale aanpassing die
hommeltuig in staat stel
om vragte na aasvoëlneste in die
gebied te vervoer.

“Waar ons voorheen fisies bome moes klim om die aasvoëls te bestudeer, kan ’n mens deesdae ’n hommeltuig programmeer om na ’n aasvoëlnes te vlieg.

“ ’n Mens voer die koördinate van bome, waarin ons weet aasvoëlneste is, in en die hommeltuig vlieg daarheen.

“Die hommeltuig neem foto’s of video’s van die neste.

“Hierdie beeldmateriaal en inligting word dan later in die gerief van ’n kantoor geanaliseer.”

Volgens Wilson sal die haak ook die hommeltuig in staat stel om vragte na aasvoëlneste te vervoer.

“Die haak is ’n aanpassing wat aan die hommeltuig vasgemaak word.

“Dit kan die hommeltuig in staat stel om allerhande vragte te vervoer, hetsy dit nette is of apparaat wat gebruik word om die temperatuur en humiditeit in die aasvoëlneste te meet,” sê Wilson.

Volgens Wilson sal daar, indien geld oorbly, ook ’n spreilig vir die hommeltuig aangeskaf word sodat bewaringswerk in die nag gedoen word.

Volgens Wilson het Kimberley die grootste teëlbevolking van witrugaasvoëls.

Daar is glo 600 van die voëls in die omgewing oor.

Wilson sê daar is slegs 2 500 aasvoëls in die wild oor wat in staat is om aan te teel.

  • Die res van die aasvoëls is te jonk om aan te teel. Jacob Danster het die 16 km-wedloop in ’n tyd van 01:05:16 gewen terwyl Janine Faber die vrouewedloop in ’n tyd van 01:21:47 gewen het.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.