Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees anders as die res

Soms, net soms, te midde van ’n rits oproepe en e-posse oor nog ’n lekkende waterpyp, nog ’n hoop rommel op ’n straathoek en nog ’n klagte oor rioolstelsels wat oorstroom, kry ’n mens te doen met iemand wie se ingesteldheid soos ’n blommende vlamlelie kleur in die dorheid verskaf.

Iemand wat opbou terwyl die ander afbreek. Wat vorentoe kyk terwyl die ander terugkyk. Wat nuwe planne maak terwyl die ander voos planne vertroetel.

Navorsing het bewys dat mense eerder tuis in die negatiewe as in die positiewe kleed voel; dat negatiewe praatjies as diepsinnig en denkend beskou word, maar positiewe praatjies as ligsinnig.

Tog het navorsing ook bewys dat ’n negatiewe ingesteldheid jou gesondheid kan benadeel en verhoudings tussen mense be- moeilik. Só ’n ingesteldheid veroorsaak dat jy begin kommunikeer terwyl jy reeds op die verdediging is.

Waarom is nuus dan met rampe, korrupsie en onbevoegdheid oorlaai?

Tom Stafford, ’n sielkundige van Amerika, skryf ’n skielike ramp is meer fassinerend as ’n stadige verbetering. Die meeste mense vra: “Maar waar is die goeie nuus?” seëvier die negatiewe.

Navorsers het bewys dat mense ’n negatiewe neiging het en beter op negatiewe as positiewe woorde reageer.

Stafford interpreteer dié neiging soos volg: Elke mens glo dat hy beter as gemiddeld is en negatiewe nuus versterk die gevoel dat “ek” bo gemiddeldheid verhewe is. In die nuuswêreld is “hulle” die slagoffers, misdadigers of kwesbares en dit versterk die gevoel van “ek is beter as hulle”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.