Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Welkome reën bly val

Byna groter nuus as enige politieke gebeurtenis of geleentheid op die sosiale kalender, is dat reën die afgelope paar weke oor Kimberley en omstreke uitgesak het.

Plantegroei in tuine en in die veld, wat voor Kersfees nog vaal en dor was, is in groen omtower.

’n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Kimberley sê verspreide donderbuie, “wat jou in die son laat staan en jou buurman in die reën”, het oor die gebied geval.

Reënvalsyfers wat tot dusver in Januarie op verskillende plekke in en om Kimberley gemeet is, wissel van 28,2 mm tot 59 mm.

Volgens die woordvoerder verwag die weerdiens ’n hoër as gemiddelde reënvalsyfer vir Januarie vir Kimberley en die omgewing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.