Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wenke spaar geld en bied meer

Dit is nie ’n besparing om Kersinkopies tot op die laaste te los nie.

Só sê Carla Oberholzer, ’n skuldadviseur by DebtSafe.

  • Sy gee wenke: Stel ’n geskenklys op. Kyk uit vir goedkoop pryse en winskopies, vergelyk pryse van die artikels wat jy moet aanskaf en kies winkels wat naby jou huis geleë is om brandstof te bespaar. ) Maak seker jy oorbestee nie en hou by jou geskenklys. Takseer elke artikel by die betaalpunt om seker te maak jy is tevrede met die inhoud van jou inkopiemandjie. ) Moenie winkels toe gaan “net om te loer” nie – jy sal altyd artikels vind wat jy “nodig het”. ) Pak ’n? geskenkmandjie. Wat van ’n aandetepakkie met ’n resep en bekostigbare bestanddele daarby? Of nuwe kouse wat met bekostigbare lekkernye gevul word? ) Gee vir ’n geliefde ’n geskenkbewys vir ’n kookkunsklas of?fotografiesessie wat jy self aanbied. Almal kan deelneem en dit geniet. ) Maak gebruik van gratis afleweringsaanbiedinge wanneer jy jou inkopies aanlyn doen. ) Gee ’n geldskenking vir ’n liefdadigheidsorganisasie in ’n geliefde se naam en maak ’n sertifikaat wat jy vir jou geliefde gee. ) Gee tuisgemaakte geskenke soos gebottelde souse, konfyt of suurlemoenstroop. ) ’n Mens hoef nie geskenke te koop nie – gehaltetyd met geliefdes is baie meer werd.) Hou geskenke eenvoudig en sit hart en liefde daarin.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.