Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wie mors nou eintlik ons water?

Bekommerde inwoner, Kimberley:

Liewe Sol Plaatje,

Sol Plaatje se mense wil vi ons kom vetel van water mors.

Eers was dit loadshedding. Nous dit watershedding. Hulle wil vi ons kom blame en sê die water word gesny want ons mors. Wanneer het julle vi my gesien met die water speel? Ons mors mettie waters because ons maak ons se grasse en blomme nat. Ons mors mettie water because ons flush onse toilets.

Het julle gesien hoe moordend is die son hie buite . . .

Het julle vi ons water mahala gegee, want ons betaal vi daai water. Ek wil biekie eendag daa by daai Minisipaltyt gaan met my aapstert en daai hele Sol Plaatje die strate in jaag laat hulle sien waa is daai waters wat ons so “mors”, want die strate is groen riviere dan wil hulle vi ons kom vetel van water mors.

Pleks dat julle al die pype loop regmaak en probleem oplos, kom vetel julle ons van water mors.

Loop speel op ’n annir plek!

Auntie Bekkie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.