Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Winkel staan op uit die as

Ná ’n verwoestende brand in April 2017 kon die handelstak van Hinterland in Hartswater uiteindelik weer op 24 Julie sy deure – op ’n splinternuwe perseel op die hoek van D.F. Malan- en Phokwanistraat – oopmaak.

Sedert die brand is die tak uit een van die store naby die Senwes Grainlink-silo in Hartswater bedryf.

Volgens Johan Zietsman, takbestuurder, was dit ’n toevlug om die tak oop te hou en klante van diens te wees.

In die nuwe perseel het die verkoopsruimte tot 793 m² vergroot en die stoor tot 1 000 m². Behalwe meer as 30 omheinde parkeerplekke, is die wapen- en buitelewe-afdeling ’n nuwe toevoeging tot die tak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.