Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wit strik dui op hoop vir toekoms

“Om in dankbaarheid terug te kyk en in hoop vorentoe te beweeg skep vir ons ’n gedagtegang van geloof in die toekoms.”

Só sê René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie, oor dié organisasie se #Witstrik-projek vir 2021.

“Daar is vrees en onsekerheid – mense het die afgelope jaar geliefdes, besighede, selfvertroue en geloof verloor. Helpende Hand glo dat ons draers van hoop van die beste gehalte is, en daarom wil ons graag saam met die mense in Suid-Afrika hoop vir 2021 bring,” sê Roux.

“Ons moet iets tasbaars doen en onthou dat daar selfs in iets kleins hoop en genade op ons wag.”

Volgens Roux kan enigeen ’n wit strik maak en dit by ’n plek aanbring of aan iemand gee wat gerusstelling, liefde of hoop gebring het en steeds bring.

“Hang jou wit strik aan ’n hospitaal se deur of om die boom van jou bure wat tydens afsondering kos aangedra het. Gee jou wit strik vir jou vriendin wat aanhou bel het om te hoor of sy met die kinders kan help,” sê sy.

“Sit jou wit strik om jou hond se halsband as hy jou tydens afsondering gerusgestel het.”

Plaas jou wit strik daar waar jy al vrede gevind het en waar jy dit steeds in 2021 sal vind, stel Roux voor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.