Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Woordeskat heerlik vindingryk

Kontreitaal bly ’n skat van lekkersê-woorde vol gevatheid en vindingrykheid.

’n Inkommer sal dalk nie aldag verstaan waaroor ’n gesprek gaan nie, maar die pret lê daarin om nuwe begrippe te bly leer.

Wie ken ’n abeldammer of ’n appeldammer?

Dit is ’n agterlike mens wat ’n gebrek aan verfyndheid en goeie maniere het. Inwoners van ander dele noem hom ook ’n mampokker, paddabaaier, patattalander of semeldraaier.

As iemand in die Piketberg-omgewing afgegespe het, het dit niks met afsaal te doen nie – dit beteken die mens het doodgegaan. En dan kry hy ’n begrounis.

In die Griekwaland word die uitdrukking “luister na iemand se agtertongetjie” gebruik. Dit beteken om te luister na dit wat die prater nié sê nie; om tussen die reëls te lees.

’n Tydperk korter as lank gelede word bietjie-dag genoem.

Tydens die inperking sal jy nie met die bruin bottel kan bladskud nie, want die verkope van bier is verbode.

Want, nadat daar met die bruin bottel bladgeskud is, ry sommige mense brulband terug huis toe.

En wee die getroude man wie se vrou dalk van sy buitevuurtjie (skelmpie) uitvind . . .

– Bron: Annerlike Afrikaans deur Anton F. Prinsloo

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.