Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wys is meer werd as sê

Die reënroeper – die kuifkop­houtkapper – roep die reën al vir ’n paar dae.

In die tuin blom die reënlelies een vir een. Swart miertjies woeker oor vensterbanke en langs vloerlyste. In die veld staan miernestorings nuut gebou. In springboktroppe wemel dit van lammers. Die doringbome is geel in die blom.

Dinsdagoggend (03/12) het reën oor Kimberley begin neersak en die weervoorspeller het gesê reën is in die vooruitsig. Maar die natuur wys dit reeds geruime tyd.

In die skryfwêreld is ’n term: “Show, don’t tell”.

In Desember – net soos in ander maande – word talle veldtogte bedryf.

Die padveiligheidsveldtog, Arrive Alive, en die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is enkeles om te noem.

Dit word met ’n seremonie begin en dié teenwoordig knik koppe instemmend en is bly dat die veldtogdoelwitte hardop gesê is. Maar sê help niks. Wys.

Wys dat jy padveiligheid ter harte neem en besef elke voertuig is ’n potensiële ongeluk. Wys dat jy by die spoedgrens hou. Wys dat jy die waarde van ’n veiligheidsgordel besef. Wys dat jy weet dit is malligheid om ’n kind op jou skoot op die voorste sitplek te laat sit. Wys dat jy weet ’n rooi verkeerslig beteken stop.

Wys dit is die regte ding om die geweld wat jy weet teen ’n vrou en ’n kind gepleeg word aan te meld en nie net daaroor te praat nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.