Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Noordkaap
DA wen Wyk 28
Herbert Bassil Japhta (regs), saam met die DA se p

Die DA het die setel wat hy tydens die 2016 munisipale verkiesing in Kimberley se Sol Plaatje-munisipaliteit gewen het behou nadat die party se kandidaat vir Wyk 28 (Colville, Greenside, K&B en polisiewoonstelle-omgewing), Herbert Bassil Japhta, Woensdag (10/04) die tussenverkiesing in dié wyk gewen het.

Anders as die 2016-verkiesing toe die DA met 60.09% van die stemme gewen het, het die DA hierdie keer 54.97% van die stemme behaal.

Die tussenverkiesing is gehou nadat Shaine Griqua in Januarie as DA-raadslid bedank het.

Griqua het intussen as 'n proporsionele raadslid by die ANC aangesluit.

Sebrina Engelbrecht het as wykskandidaat vir die ANC in die tussenverkiesing teen die DA se Japhta gestaan.

Die DA se provinsiale leier in die Noordkaap, Andrew Louw, het in reaksie op die oorwinning gesê die party is ingenome met die oorwinning en glo dat dit ’n voorsmakie is van die grooter oorwinning vir die DA in die Noord-Kaap op 8 Mei (tydens die nasionale verkiesing) wag.

“Hoewel minder mense in die tussenverkiesing gestem het (49.85 %) het ons steeds ’n oorwinning behaal. Dit terwyl die ANC mense met R100 note probeer omkoop het om vir hulle te stem,” het Louw in ’n verklaring beweer.

Japhta is reeds die afgelope 52 jaar ‘n inwoner van Colville. Hy het by die Sol Plaatje-munisipaliteit as ‘n elektriese vakleerling, ‘n markbestuurder en later ‘n oordbestuurder gewerk voor hy afgetree het.

Hy het ook ’n NQF 6-kwalifikasie in publieke bestuur aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.