Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
NoordkaapBulletin
Reuse ateljees beplan
Kora Studios
'n Voorstelling van hoe die rolprentateljees by Riverton, buite Kimberley, kan lyk.
Kora Studios
Die ligging van die 300 ha waar Kora Studios die rolprentateljees gaan oprig.
Kora Studios
Van die inligting wat tydens die bekendstelling van Kora Studios vertoon is.

'n Projek van R1,55 miljard in die vorm van rolprentateljees word net buite Riverton, naby Kimberley, beplan. 

Dié projek is Donderdagaand (08/10) onder die naam van Kora Studios by die Ster Kinekor-teaters in Kimberley bekend gestel.

Alex van der Walt, uitvoerende hoof van Kora Studios, sê verskeie nasionale en internasionale rolprentvervaardigers stel reeds belang om die beplande uitgebreide geriewe te gebruik.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het in sy toespraak gesê Kimberley en omgewing is die ideale plek vir so ’n ateljee. Behalwe dat dit duisende werkgeleenthede bied, sal nywerhede ook betrokke wees. Die projek vorm deel van Saul se visie vir die Noord-Kaap: modern, groeiend en suksesvol. 

Van der Walt sê ander projekte is in ’n gevorderde stadium van beplanning. Dit sluit in ’n baksteenfabriek, die vervaardiging van transformators en die bou van honderde woonstelle in dele van Kimberley. ’n Projek, waar uitgediende motorbande herwin word om paaie van te maak, is ook in die beplanningstadium. 

Van der Walt sê die geleentheid Donderdag het gedien as ’n vooraf bekendstelling van Kora Studios en die sooispit-seremonie word vir April beplan.

Volgens inligting sal die ateljee se geriewe, op 300 ha naby die Vaalrivier, onder meer sewe klank- en opnameateljees hê wat ’n oppervlakte van 17 000 vierkante meter sal beslaan – 15 ha Amerikaanse plattelandse en stedelike agtergrond sal vir rolprentvervaardigers opgerig word, asook werkswinkels en pakhuise van 8 000 vierkante meter. Kantore en ateljees vir na-produksie sal ook beskikbaar wees. 

Daar is gemeld dat die Noord-Kaap, met sy besondere weer, die ideale ligging vir so ’n projek het. Behalwe dat dit ’n ekonomiese inspuiting vir die omgewing kan wees, sal dit minstens 3 000 werkgeleenthede skep. Konsultante, akteurs, musikante, stelbouers, konstruksiewerkers, metaal-, hout- en kleremakers, rolprenttegnici en ander vaardighede sal onder meer benodig word. Daarby word bereken dat kleinhandelaars, geriewe vir verblyf, lug-, pad- en spoorvervoer, toergidse, spyseniering en toerisme ook daarby baat sal vind.

Maynard Kraak, ’n rolprentvervaardiger, het die geleentheid bygewoon en ná die bekendstelling van die projek is die première van sy rolprent, The Last Victim, vertoon. 

Kora Studios
Alex van der Walt tydens die bekendstelling van Kora Studios.
Kora Studios
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, tydens die bekendstelling van Kora Studios Donderdagaand (08/10).
Kora Studios
Alex van der Walt van Kora Studios en Maynard Kraak, rolprentvervaardiger, Donderdagaand (08/10) in Kimberley.
Kora Studios
Van die inligting wat Donderdagaand (08/10) tydens die bekendstelling van Kora Studios vertoon is.
Kora Studios
Die bekendstelling van Kora Studios het Donderdagaand (08/10) by die Ster Kinekor in Kimberley plaasgevind.
 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.