Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Noordkaap
Reuse van klubrugby sal aarde laat dreun
Kimberley-rugbyklub hou Saterdag 9 Februarie 'n ru

Van die land se beste klubrugbyspanne sal op Saterdag 9 Februarie die aarde onder hulle voete laat dreun wanneer hulle mekaar in die Diamantstad die stryd aansê tydens Kimberley-rugbyklub se rugbydag by Vleissentraal-park.

Pieter Streak, een van Kimberley-rugbyklub se afrigters, voorspel dat vanjaar se rugbyseisoen op ’n hoë noot sal afskop.

Met ’n paar van die land se beste rugbyspanne wat op die dag teen mekaar sal meeding kan besoekers rugby vanuit die boonste rakke verwag.

Spanne soos Bloemfontein se polisierugbyklub (laasjaar se Vrystaat-klubkampioene), Roodepoort Rugbyklub (naaswenners van die Goue Leeus-rugbyunie se Pirates Uitdaagreeks van 2018), Sishen-rugbyklub (wenners van die Griekwas-superliga vir rugbyklubs), Kimberley-rugbyklub (naaswenners van verledejaar se Griekwas-superliga vir rugbyklubs), Welkom Dorp-rugbyklub (Griffons-klubkampioene), Bloem Collegians en Barbarians (’n span wat uit oud-Griekwa-spelers en plaaslike talent van Kimberley bestaan) sal almal tydens die rugbydag te siene wees.

Die rugbydag vind by Kimberley-rugbyklub se tuisveld by Vleissentraal-park te Moorestraat 6 plaas.

Die hekke maak reeds om 11:00 oop en ingangsfooi beloop slegs R20.00.

Die program is as volg:

)Om 12:45 pak Bloem Collegians die Barbarians van Kimberley.

)Bloemfontein se Polisierugbyklub pak Roodepoort-rugbyklub om 14:22.

)Een van die hoogtepune vir plaaslike rugbyondersteuners sal wees wanneer Kimberley-rugbyklub die manne van Welkom Dorp-rugbyklub aanvat.

)Laaste maar nie minste nie is daar ’n wedstryd tussen Sishen-rugbyklub en Roodepoort-rugbyklub.

Daar is ook ’n biertent en DJ Ready T sal vir die vermaak sorg.

Skakel Pieter Streak by 079 519 9225 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.