Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Noordkaap
Wen Anchien Troskie se nuwe boek, Somtotaal
Wen
Een leser van die Noordkaap-koerant kan Anchien Troskie se nuwe boek, Somtotaal, wen.

Die sesde boek uit Anchien Troskie se pen – Somtotaal ­- het pas verskyn.

Troskie het bekendheid vir haar boek, Dis ek, Anna, verwerf en Somtotaal het pas by Human & Rousseau – ‘n druknaam van NB-Uitgewers – verskyn.

“Jammer is so ’n ou eina-woordjie … Jammer is nooit genoeg nie. Jammer is vir per ongeluk teen iemand stamp in ’n besige winkel … Daar bestaan nie ’n woord wat kragtig genoeg is om jare se pyn ongedaan te maak nie.”

Ester en Nonthando Majolo het saam op ’n afgeleë plaas in die Oos-Kaap grootgeword. Boesemvriendinne – tot een dag van verraad.

 

Noordkaap het een kopie van Somtotaal vanaf NB-Uitgewers ontvang om gratis weg te gee. Die enigste voorwaarde is dat die boek in Kimberley afgehaal moet word.

 “Message” die antwoord van dié vraag na die Facebook-blad Noordkaap-koerant, of stuur ’n e-pos na helena.barnard@volksblad.com om in aanmerking te kom om die boek te wen.

Vraag: In watter provinsie het die twee boesemvriendinne grootgeword?

 Stuur die antwoord voor of op Dinsdag 30 Junie om 13:00 om in aanmerking te kom om die boek te wen.

Die wenner sal op die dag in kennis gestel word.  

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.