Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
1 sterf in Klapmuts-botsing

Saterdag omstreeks 21:06 was ’n polisievoertuig in ’n botsing op die Ou Paarl-pad tussen Klapmuts en Simonsvlei betrokke.

Paarl Post het inligting ontvang dat die polisielede op die spoor van rowers was wat in ’n swart Citi Golf gevlug het.

Die polisie was later in ’n botsing teen ’n oranje Citi Golf betrokke wat vermoedelik nie deel van die beweerde misdaad was nie.

Die Drakenstein Farm Watch (DFW) was kort daarna op die toneel om mediese bystand te lewer.

Volgens Daan van Leeuwen Boomkamp, die voorsitter van die DFW, was daar vier passasiers in die Golf.

Een passasier het gesterf, ’n ander is ernstig beseer en die ander twee het geringe beserings opgedoen.

Die twee Paarl-Oos-polisiebeamptes het ook ernstige nekbeserings opgedoen.

. Teen druktyd het die polisie nie op Paarl Post se navrae gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.