Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
135 titelaktes vir Gouda

Tertuis Simmers, die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, het verlede week 135 titelaktes in Gouda oorhandig. Die oorhandiging volg net vyf jaar nadat inwoners as deel van die Gouda- geïntegreerde behuisings­ontwikkelings­program (IRDP) ingetrek het. Die Gouda-IRDP-projek strek van 2014 af teen ’n koste van R18 miljoen.

Begunstigdes kom almal uit Gouda en omliggende gebiede.

Simmers het gesê: “Hierdie is ’n voorbeeld van versnelde dienslewering. Dit maak my opgewonde om hierdie titelaktes aan ons verdienstelike begunstigdes oor te gee. Met die geleentheid kon ons verseker dat 135 verdienstelike begunstigdes volwaardige, wettige huiseienaars word. Die oorhandiging is nog ’n duidelike bewys van die Wes-Kaapse regering se toewyding om waardigheid te herstel en ’n beter lewe vir die inwoners van hierdie provinsie te skep.”

Een van die begunstigdes, die 91-jarige Karel Visagie, het gesê: “Dit is ongelooflik, ek is so dankbaar. Dit voel vreemd dat so ’n jong minister ons ook as bejaardes beskou. Hy gee regtig om vir die senior burgers en hy moet voortgaan om dit te doen. Ek kan die minister nie genoeg bedank nie. Dit is ’n wonderlike geleentheid,” het hy gesê.

“Ons sal as die Wes-Kaapse regering voortgaan om ’n bemagtigende omgewing te vestig sodat ons beter in staat is om begunstigdes sekerheid te gee en meer inwoners wettige huiseienaars te maak deur hierdie titelaktes te oorhandig,” het Simmers bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.