Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
14 in botsing beseer

Minstens 14 taxi-pendelaars het verwese en getraumatiseer langs die hoofstraat gesit ná ’n botsing teen ’n vragmotor Saterdag 13 April.

Die vragmotor was veronderstel om by die stopteken by die N1-Hoofstraat-wisselaar stil te hou, maar toe die bestuurder die pad probeer oorsteek, het die minibus, wat in die rigting van die Paarl gery het, daarteen gebots. Die insittendes is werknemers by Fairview se kaasfabriek in Suid-Agter-Paarl.

Met Paarl Post se aankoms op die toneel het die beseerdes op ’n hoop gelê en kreun van die pyn, terwyl nooddienste gehaas het om hulle by die hospitaal te kry. Van die pendelaars is na Paarl-hospitaal en ander na Stellenbosch-hospitaal geneem.

Louis Lourens, die kaasfabriek se bestuurder, sê die ergste beserings is twee mense wat elk ’n arm en twee wat elk ’n been gebreek het.

Leensie Lötter, woordvoerder van die gesondheidsdepartement, sê agt pasiënte is in die Paarl-hospitaal opgeneem. “Drie van die pasiënte het geringe beserings opgedoen. Die ander vyf is behandel vir frakture; een van hierdie pasiënte is ná stabilisering na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas vir spesialisbehandeling.”

Volgens Daan van Leeuwen Boomkamp, voorsitter van die Drakenstein Farm Watch (DFW), was hul nooddienste eerste op die toneel. Hy sê die voorval is 14:30 by hulle aangemeld.

“Altesaam 14 pasiënte, van wie twee swanger vroue is, is deur ER24 en Immediate Ambulance na nabye hospitale vervoer,” het hy gesê. Die twee swanger vroue is ongedeerd. “Dit was ’n suksesvolle en vinnige reaksie.”

Die meeste werkers was Woensdag terug op hul poste. “Ons wil almal van die fabriek wat beseer is, sterkte en ’n spoedige herstel toewens.”

• At least 14 taxi commuters were injured and left traumatised after a taxi crashed into a truck in Main Street on Saturday 13 April.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.