Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
2019 – ’n jaar se nuushoogtepunte

Die jaar 2019 is byna verby en dit was weer eens ’n jaar wat bewys het dat ernstige misdaad aan die toeneem is en die vallei in die wurggreep van hoë munisipale tariewe gaan bly. Hier is ’n paar van die baie hoogte- en laagtepunte van die jaar wat was.

31 Januarie:

• Dit blyk die plaag vlieë waarteen inwoners al langer as 10 jaar ’n stryd voer, is grotendeels toe te skryf aan die hoender-, vark-, bees- en perdeplase in die omgewing.

7 Februarie:

• Ná bewerings van nepotisme by Drakenstein-munisipaliteit, vra Conrad Poole, die burgemeester, dat ’n ondersoek van stapel gestuur word.

21 Februarie:

• A thick blanket of smoke descended upon the valley on 18 February when a raging fire choked the Theewaterskloof area earlier that day. The fire quickly spread to the Franschhoek mountains, and on Monday evening the pass had to be closed.

28 Februarie:

• ’n Bendeverwante voorval het die lewe van ’n jong man geëis. Darren Jansen (21) van Groenheuwel is op 22 Februarie om 23:55 in Pascallistraat in Paarl-Oos in ’n wilde skietery getref.

• ATM scams are getting out of control, and tourists have become regular targets. On 23 February an elderly couple from Germany were victims of such a scam in Lady Grey Street. A man approached them and told them they had to pay for parking at the nearby ATM where he stole their card after having them type in their PIN.

7 Maart:

• Derduisende perlemoene is 5 Maart in ’n pakhuis in Paarl-Oos gevind toe lede van die polisie op dié perseel toegeslaan het. Die waarde van die perlemoen wat in die pakhuis, bekend as Mega, in Hermitagestraat gevind is, is op R6,2 miljoen geraam. Drie buitelandse mans is in hegtenis geneem en het in die Paarl-landdroshof verskyn.

• After being a landmark in Paarl for more than 70 years, the popular retail store Woolworths in Lady Grey Street closed its doors at the end of March. This was one of Woolworths’ oldest stores, which opened for business in Paarl in 1947.

14 Maart:

• ’n Negejarige is gelukkig om te leef nadat ’n dwaalkoeël hom in ’n waarskynlik bendeverwante voorval in Smartie Town, Paarl-Oos, getref het.

• ’n Jong ma van die Paarl was histeries toe sy op 9 Maart met haar vier maande oue baba in haar kar voor haar huis in Divinestraat, Paarl, beroof is.

28 Maart:

• Skade van derduisende rande is aangerig nadat drie klaskamers van Charleston Hill Sekondêr in Paarl-Oos in ’n brand verwoes is.

• Chaos het op 26 Maart op die R44 uitgebreek toe ’n huisgesin van 10 mense die pad met brandende bande toegepak het. Die gesin is vroeër die dag uit hul huis op Windmeul Kelder se perseel gesit nadat ’n uitsettingsbevel deur die grondeisehof toegestaan is.

4 April:

• Bendegeweld in Paarl-Oos het weer eens tot die dood van ’n jong vrou (25) in ’n bendeskietery gelei. Sy is deur ’n dwaalkoeël getref.

• An elderly couple was attacked in their home in the early hours of 1 April in Buitekant Street in Vrykyk, Paarl.

11 April:

In an event rarely seen in that part of town, a man was gunned down execution style in broad daylight in Van der Lingen Plein, directly behind the Toringkerk in central Paarl, on Tuesday 9 April. About 25 bullet casings were found on the scene.

18 April:

• Conrad Poole, die burgemeester van Drakenstein, is in ’n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy op 13 April ’n ligte beroerte gehad het.

9 Mei:

• ’n Veiligheidswag is op die R44-pad geskiet en twee pendelaars beroof en met hul lewe gedreig toe tussen vier en ses verdagtes op 6 Mei ’n Fidelity-geldwa wat geld vervoer het, van ’n onbekende bedrag beroof het.

23 Mei:

• ’n Fratsongeluk het 18 Mei die lewe van ’n boer in Agter-Paarl geëis. Die 40-jarige Pieter Loubser het ’n plaashek oopgemaak toe sy bakkie oor hom gery het.

30 Mei:

• ’n Paartjie op ’n plaas in die Windmeul-gebied en ’n gesin op ’n plaas by die Vrygunspad by Paardenberg is ná drie plaasrooftogte verlede week in die Paarl-omgewing die nuutste plaasaanval-slagoffers.

6 Junie:

• Twee tronkbewaarders van die Drakenstein-gevangenis, Monique Kellerman (27) en Wilbur Meyers (29), is 3 Junie 21:10 in Wellington op aanklagte van dwelmhandel in hegtenis geneem.

• Residents of Drakenstein saw a sharp increase in property rates, fees, charges and tariffs from 1 July. Electricity had a shocking increase of 13,93%. The property rates revenue stream increased by 8,2%, water by 6,0%, sewerage and sanitation increased by 11,0%, refuse removal by 10,8% while rental increased by 7,5% and sundry by 10%. This was tabled at the annual budget on 31 May.

12 June

Wellington teacher Heinrich Gabler was crowned Mr. South Africa 2019.

20 June:

Paarl mourned the death of tennis legend David Samaai (92). Samaai died on 14 June.

27 Junie:

• A rockfall during heavy rains left road users stranded on the Franschhoek Pass. The pass remained closed for three months after the rockfall.

• Chaos het 20 Junie in Hoofstraat in Paarl uitgebreek toe ’n vragmotor teen ses stilstaande voertuie gebots het.

4 Julie:

• Een van die Paarl se oudste plaashuise, Non Pareille in die Dal Josafat-gebied, is geheel en al in ’n brand vernietig.

8 Augustus:

• An off-duty policeman from Mbekweni has survived after allegedly shooting and killing his friend before turning his firearm on himself.

22 Augustus:

• Die gerespekteerde speurder Marlon Appollis is in hegtenis geneem op ’n aanklag van strafbare manslag, nadat hy sers. David Hoffman na bewering doodgeskiet het.

29 Augustus:

• Die kinderverkragter Abrie Wentzel (64) is 23 Augustus ná ’n hofsaak van amper drie jaar op al vier aanklagte van verkragting en molestering skuldig bevind.

12 September:

• Die voormalige Springbok-rugbyspeler Chester Williams, wat in die Paarl gebore is, is op 49 aan ’n hartaanval dood en word oorleef deur sy vrou, Maria, en drie kinders, Ryan en ’n tweeling, Matthew en Chloë. Talle huldeblyke het inge­stroom toe die dood van dié legendariese rugbyheld bekend gemaak is.

26 September:

• Die bekende bendebaas Lee-Ashton van Schoor van Chicago is in ’n koeël­reën in Vlakkeland, Dal Josafat, afgemaai.

3 Oktober:

• A controversial new Indigent Financial Grant policy that had the community of Drakenstein hot under the collar, was unanimously passed despite pleas and protests from the public. The new policy governs access to free basic services subsidised by the national government for needy residents. Accordingly, account holders’ income will be measured by using total household income as a yardstick.

10 Oktober:

• Residents in the general vicinity of the historic Grande Roche farm warn that an application to subdivide the farm can lead to the damaging of Paarl’s local heritage.

31 Oktober:

• ’n Paarlse eierboer, wat ’n swartbemagtigingsplaas by die staat huur, was glo vroeër vandeesmaand by ’n voorval van georganiseerde misdaad betrokke. Die Bellevue-eierplaas is by ’n saak van dieremishandeling betrokke nadat die DBV 12 000 hoenders van kant moes maak weens hongerte, ontwatering en kannibalisme.

14 November:

• A car hijacking took place in broad daylight at Paarl Mall on 12 November with armed robbers getting away with an Isuzu bakkie.

• Nog ’n fietsryer is 24 November op die Jan Phillips-bergpad op Paarlberg aangeval. ’n Man het die fietsryer met ’n vuurwapen gedreig, die loop teen hom gedruk en die sneller getrek. Volgens die slagoffer kon jy die kliek-geluid hoor, maar geen skoot nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.