Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
4 dood, 6 beseer op F’hoek-pad

’n Noodlottige motorbotsing het Saterdagaand 10 Oktober omstreeks 20:25 op die R45 buite Franschhoek naby die Wemmershoek-pad, plaasgevind.

Vier passasiers is op die toneel dood, terwyl ses ander insittendes op die toneel vir matige tot kritieke beserings behandel is voordat hulle in nabygeleë hospitale opgeneem is.

ER-24-woordvoerder Russel Meiring sê paramedici is die betrokke aand uitgeroep na die toneel, waar hulle albei voertuie, ’n grys Ford-bakkie en ’n rooi Ford Lazer-motor, in die middel van die pad aangetref het. Drie mans en ’n vrou is noodlottig beseer en op die toneel dood verklaar.

Sers. Marize Mentoor, ’n woordvoerder van die Franschhoek-polisie sê volgens hul inligting het albei voertuie in die rigting van Franschhoek gery.

“Die Ford Lazer het toe na bewering vinnig na die geelbaan beweeg en ’n [U-]draai gemaak, waarna die grys Ford-bakkie in die Ford Lazer vasgery het. Twee mense is in die grys Ford-bakkie dood (een man en een vrou) en twee mans is dood in die rooi Ford Lazer,” sê Mentoor.

Die nooddienste het die vasgekeerde pasiënte uitgehaal en mediese hulp verleen. Daarna het die brand-en reddingsdienste bygestaan om die pad te beveilig.

“Vier mense sterk nog aan in die hospitaal. Een in Tygerberg, een in Stellenbosch en twee in Paarl,” vertel Mentoor.

Die twee oorlede mans wat in die rooi Ford Lazer gery het, is van Khayamandi en die ander oorledenes - die man en vrou wat in die grys Ford Bakkie gery het, is van Groendal, Franschhoek.

Volgens Mentoor word ’n klag van strafbare manslag ondersoek.

  • In nog ’n voorval Sondagaand (11 Oktober) op die R45 naby Marlinique Estate was ’n wit bakkie en blou motor in ’n botsing betrokke. Die insittendes het slegs ligte beserings opgedoen. Een van die bestuurders se bloed is getrek en hy is in die hospitaal opgeneem. Die ander bestuurder is in hegtenis geneem op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur.

*A fatal crash on Saturday evening (10 October) on the R45 outside Franschhoek near the Wemmershoek Road, sent shock waves through the valley. Four passengers died at the scene, while six other occupants were treated for moderate to critical injuries before being admitted to nearby hospitals.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.