Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
80 jaar tronk toe ná verkragting

’n Man van Wellington is Vrydag 14 Februarie in die Paarl-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van sy biologiese dogter.

Die verkragter, wat ingevolge die wet nie geïdentifiseer kan word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, het sy tienerdogter tussen 2015 en 2016 menige keer verkrag. Sy was 15 jaar oud toe hy dié gruweldade gepleeg het.

Die verkragtings het plaasgevind terwyl die dogter se ma by die werk was.

Die slagoffer het aan die hof gesê sy het wel vir haar ma vertel dat haar pa haar verkrag, maar haar ma wou haar nie glo nie en het eerder aangedring dat sy hom op heter daad moet betrap voordat sy haar dogter sal glo.

Die slagoffer het ’n onderwyser genader en dié het die saak hanteer om hulp vir die slagoffer te kry.

Die landdros, Norma Smile, het die veroordeelde op 26 Junie verlede jaar skuldig bevind op twee aanklagte van seksuele aanranding en drie van verkragting.

Hy sal effektiewelik 80 jaar in die gevangenis deurbring.

Sy naam moet ook in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.