Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die nege lewens van die Feeskatte
Die produksie, Feeskatte, is op 18 April te sien by die Ou Meul-teater.

Oudergewoonte skep die veelbekroonde dramaturg, regisseur en akteur, Christiaan Olwagen, ’n vars, fenomenale teatersensasie met die produksie Feeskatte wat op 18 April om 20:00 by die Ou Meul-teater te sien is.

Met sy innoverende aanslag skil hy in Feeskatte die Papageno-kostuum af tot by die nege lewens van die feeskat. Die ervare aktrises Elsabé Daneel, Joanie Combrink en Susanne Beyers, wat sedert 2012 wegholsukses behaal met Ou Blare, vertolk in Feeskatte die rolle van drie uiteenlopende oud-kamermaats wat baie meer kry as ’n selfie met hul geliefde ster. As ’n deur skielik toeklap is daar geen wegkomkans van hul botsende mantras nie. Kan elke feeskat op haar pote land en haar eie realiteit oorleef?

Feeskatte word, soos die wegholsuksesse Ou Blare en Bittersoet, vervaardig deur Elsabé Daneel Produksies. Dis ’n lag-met-’n-traan ode aan alle feeskatte wat jaarliks kunstefeeste opvrolik met hul panache. Feeskatte salueer teatergangers se passie vir die uitvoerende kunste en hul bereidwilligheid om hulself weerloos bloot te stel aan die grensverskuiwende krag van teater. Die dramakomedie van 70 minute is geskik vir vroue sowel as mans, maar nie vir kinders onder 14 nie.

Kaartjies is R120 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.