Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aanvalle is ‘buite beheer’

Kort ná die skokmoord op die bekende Stellenbosse wynboer Stefan Smit, het nog ’n gesin die slagoffers van ’n plaasaanval geword – dié keer op ’n plaas in Klapmuts.

Ook hierdie aanval het opspraak verwek. Drie mans het ’n vrou in haar dertigs Dinsdag omstreeks 06:30 in haar plaashuis langs die Groenfonteinpad oorval. Haar twee kinders, een baba en ’n peuter, was ook in die huis maar hulle is ongedeerd.

Volgens kapt. Louise du Plessis, polisiewoordvoerder, het die mans toegang tot die huis verkry deur ’n venster te breek. Die vrou kon daarin slaag om haar man te bel voordat die aanvallers haar in die huis gekonfronteer het. Hy was volgens bronne op pad na ’n plaaslike winkel toe die rooftog gebeur het.

Du Plessis sê die rowers het die sleutel vir ’n kluis geëis en een van die aanvallers het die vrou met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan.

“Die verdagtes het met ’n selfoon van die toneel gevlug ná ’n buurman by die huis opgedaag en waarskuwingskote afgevuur het,” vertel Du Plessis. Een verdagte het na bewering ’n blou klapmus aangehad en die ander twee hoodies.

Nadat plaasaanvalle en -rooftogte die afgelope maande in die Boland afgeneem het, het die tendens onlangs weer kop uitgesteek met ses aanvalle in die Paarl-streek alleen.

Jannie Strydom, hoof­uitvoerendebeampte by Agri Wes-Kaap, het hom uitgespreek oor die aanval in Klapmuts.

“Die aanval in Klapmuts buite Stellenbosch wys dat plaasaanvalle in die Wes-Kaap buite beheer raak,” is sy mening.

“Agri Wes-Kaap doen wéér ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om die landelike veiligheidsplan geïmplementeer te kry sodat die land se produ­sente en plaaswerkers kan voortgaan om kos te produseer sonder dat hulle lewe daagliks bedreig word,” sê Strydom.

Hy voeg by dat die president hom dringend teen plaas­aanvalle moet uitspreek om te “wys dat hy die politieke wil het” om dit aan te spreek.

Strydom voel burgers sal dan meer gerus wees dat die regering die vermoë het om die land te bestuur en dat mense in landelike gebiede se veiligheid verseker is.

•Only two days after the death of the well-known wine farmer Stefan Smit, a family was attacked on a farm in Klapmuts. Three men attacked a woman on Tuesday morning while her baby and toddler were in the house. The children are unharmed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.