Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afgetrede stigter van Schenke Diesel sterf

’n Bekende afgetrede sakeman van die Paarl, Richard Schenke, is Vrydag 7 Februarie in die ouderdom van 78 ná ’n kort siekte oorlede.

Richard en sy vrou, Tertia, het hul dieselwerktuigkundige onderneming, Schenke Diesel, in 1980 in Hugenote geopen en 36 jaar lank getroue diens aan hul kliënte gelewer.

Richard het in die 1970’s as mariene-ingenieur uit Duitsland in Suid-Afrika aangekom.

Die egpaar het twee kinders, Carlo (33) en Anuschka (31).

’n Samekoms van familie en vriende om Richard se lewe te vier word hierdie Saterdag (22 Februarie) by die Paarl- Duitse klub in Klein Parys van 11:00 af gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.