Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Agtjarige hang homself

Dit is selde dat kinders se geestesgesondheid bevraagteken word, tog sterf jonges ook aan selfdood.

Imange Kolisi, ’n agtjarige seun, het Vrydag 28 Junie sy eie lewe geneem deur homself aan ’n boom op te hang.

Die voorval het omstreeks 12:30 gebeur.

Kolisi is van Langrug waar hy en sy ma woon en was ’n leerder aan Dalubuhle Primêre Skool.

Volgens sers. Marize Mentoor, ’n woordvoerder van die Franschhoek-polisie, was die seun by sy oupa se huis toe die voorval gebeur het. Hy en een van sy minderjarige ooms, wat 15 jaar oud is, het na bewering in die huis oor ’n selfoon gestry waarna Imange uitgestorm het.

“Die familie het glo niks van die seun se humeur gedink nie omdat hy blykbaar kort van draad was,” vertel Mentoor.

Sy sê hulle het aangeneem die seun is terug na sy ma se huis in dieselfde straat en het hom laat gaan sodat hy daar kan kalmeer.

Hy het homself intussen aan ’n tuisgemaakte wasgoedlyn net langs sy oupa se huis gehang.

“Een van sy ander ooms, ook 15, het hom daar gekry waar hy met ’n tou om sy nek gehang het,” sê Mentoor.

Dié oom het hom van die wasgoedlyn af afgehaal en hom op ’n bed neergelê. “Dit was teen daardie tyd ongelukkig te laat en die seun is kort daarna dood verklaar,” sê Mentoor.• An 8-year-old boy has died by suicide on Friday 28 June. A minor uncle found the boy where he was hanging from a washing line next to his grandfather’s house.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.