Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Al meer slote vir optiese vesel pla

Drakensteinse inwoners sien al hoe meer uitgegrawe slote in hul opritte en voor hul huise. Die slote is vir optiese vesel en hoewel party mense opgewonde is oor die vinniger internet, is ander bekommerd oor swak vakmanskap in die installering van die kabels.

Dirk Hattingh, uitvoerende direkteur van ingenieursdienste by Drakenstein-munisipaliteit, sê optiesevesel­kommunikasielyne word tans oor die hele Drakenstein-gebied geïnstalleer.

Volgens Hattingh word dié werk deur verskillende kontrakteurs namens verskillende kommunikasiemaatskappye gedoen en deur raadgewende ingenieurs nagegaan.

“Die raadgewende ingenieurs hou die nodige toesig oor die posisie en gehalte van die installeringswerk, in ooreenstemming met Drakenstein-munisipaliteit se voorskrifte,” verduidelik hy.

Hattingh sê die munisipaliteit kontroleer ook die herstelwerk nadat die kabels gelê is. Hy sê alle herstelwerk moet volgens die vereistes gedoen word van ’n voorafbepaalde standaard voordat die installasie van die optieseveselkabels begin het.

“Uiteraard kan sekere probleme ontstaan waar die werk nie na wense uitgevoer word nie.

“In sulke gevalle versoek ons die betrokke kontrakteur om die werk oor te doen sodat dit aan die munisipaliteit se vereistes voldoen,” sê Hattingh.

Wat is optiese vesel?

Optiese vesel word gebruik om data teen ’n vinnige spoed oor te dra.

Digitale data word deur die optieseveselkabels vervoer deur flikkerende ligstrale en omdat die data via lig vervoer word, gebeur dit letterlik teen die spoed van lig. Die data word dan in binêre kodes omgeskep sodat dit deur rekenaars gelees kan word. Optiese kabels is dus ’n medium vir verbruikers om internettoegang deur hul internetdiensverskaffers te kry.

Die fisiese vesels is ’n buigbare, deursigtige string suiwer glas-“drade” wat as ’n kanaal dien om lig tussen twee punte van die vesel oor te dra. Die vesel het ’n kern, wat dunner is as ’n menslike haar. Die kern word dan met ’n diëlektriese materiaal soos silika en dan akrilaat bedek. Optiese vesel is ongelukkig meer breekbaar as koperkabels of telefoonlyne, dus word dit vir beskerming begrawe.

Hattingh vra mense wat probleme ervaar, moet die munisipaliteit se ingenieursdepartement by 021 807 4715 skakel sodat dit reggestel kan word.

. Drakenstein residents are seeing more ditches in front of their houses and driveways due to fibre optic cables being installed throughout the city. This will ensure fast internet for consumers. Dirk Hattingh, executive director of engineering services at the Drakenstein municipality, says the standard of excavations is being evaluated to ensure the ditches are repaired to their satisfaction.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.