Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Alles Malan’ tuis in Mynhardt se kombuis

Paarl se eie kokkedoor, Mynhardt Joubert, het verlede Saterdag akteurs en lede van die produksiespan van die televisiereeks, Alles Malan, met ’n maaltyd gepas vir ’n koning getrakteer.

Die kykNET-televisiereeks word sedert Desember verlede jaar in Paarl verfilm en Marius Weyers, Elsabé Daneel, Ivan Zimmerman en Albert Maritz net ’n paar van die bekendes wat die afgelope twee maande in strate van die Paarl en Wellington gesien kon word.

Alles Malan handel oor die Malan-familie wat al vyf geslagte in Paarl woon en die heden­daagse daaglikse drama en verwikkelinge in hul lewe.

Die gesin woon aan die hang van Paarlberg en die kinders gaan skool by Hugenote Hoër­skool.

Die Malans is baie lief vir kuier en koffie by Kikka in die hoofstraat, Noop is vir deftige Malan-aandetes en die Malans drink dikwels bier by Slug and Lettuce. Die gesin hou ook van stap in Paarlberg by Paarl-rots en hul gesins­woning is ’n pragtige woning hoog teen die Paarlberg.

Verfilming van Alles Malan sal tot in Maart duur en dit sal in Junie vanjaar op kykNET uitgesaai word.

Mynhardt, een van die eerste deelnemers aan die befaamde Kokkedoor-kompetisie wat ook op kykNET uitgesaai is, is die handelsambassadeur vir KWV-wyne, asook die sjef van die wêreldbekende Katedraalkelder by die KWV.

Hy bedryf ook die gewilde privaat restaurant, Mynhardt se kombuis, uit sy woning in Stasiestraat, Paarl.

Mynhardt het Saterdagagaand saam met KWV-wyne ’n vyfgang­maaltyd vir die Alles Malanners voorberei om vir hulle dankie te sê vir die blootstelling wat die projek die Paarl in die geheel gee deur middel van die televisiereeks.

Op die spyskaart was plaaslik gemaakte Italiaanse styl ham en salami, gevolg deur ’n mooi en baie geurige Turkse roomsop met seisoenale vrugte daarin. Daarna was forel uit Fransch­hoek op die spyskaart en die hoofgereg was baie smaaklike en doeksagte wildsvleis- en skaap­rib-bondeltjie.

En asof dit nie genoeg was nie, is die maaltyd afgesluit deur met ’n jogurt-en-heuning-kaaskoek vergesel met ’n bessie sorbet. . Die publiek sal op hoogte gehou word met verwikkelinge in die vervaardiging van Alles Malan in die Paarl Post.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.